Latest News & Activities

EDITORS: Tarryn Brien & Melanie Skippers

The annual Athletics day at the Bellville Athletic Stadium with our athletes and enthusiastic supporters was again a great success, though we didn't do to well, we only came seventh, our school enjoyed great camaraderie. The athletes tried their best. We would like to thank Mr Van Heerden and his team for their hardworking and sacrifices.


Atletiek 2017

 

Dit was vir my ‘n riem onder my hart om die kameraderie en spanwerk by die afgelope atletiek byeenkoms tussen ons atlete en onderwysers te sien.

Dit was weereens bewys dat skolesport noodsaaklik is in die sosiale groei en gesonde ontwikkeling van ons kinders.

Bishop Lavis Sekondêr se leerders en onderwysers het hierdie afgelope atletiekbyeenkoms saam gewen en saam verloor. Ja, ons het baie baklei, om te sorg dat ons atlete reg voorberei is om hul beste te lewer.

Ek kon met verbasing en ‘n stille trots die gedetermineerdheid van ons atlete aanskou om deel te neem aan al die atletiek items. Hulle was vasberade om kompeterend te wees en hul man te staan teen wie ookal. Ware Bishop Lavian gedrag!!! Hul onwilligheid om op te gee en langs die kantlyn te sit en hul lot as verloorders te aanvaar, was inspirerend.

Die leerders was nie net indrukwekkend op die atletiekbaan nie, maar ook in die stadion waar hulle hul kele droog geskreeu het ter ondersteuning van hul mede Bishop Lavian atlete. Hul toejuiging het ons atlete daardie ekstra bietjie krag gegee om oor die wenstreep te kom.

Ek kon nie anders as om wat ek aanskou het te vergelyk met die werklikheid van die lewe en die uitdagings daar buite nie. Leerders leer lewenslesse uit kompetisies soos dit wat ons nie in die klaskamer vir hulle kan leer nie.

Lewenslesse soos om te aanvaar wanneer jy verloor het en die pakslae te vat. Hoe om jouself op te beur, jou rug reguit te maak en jou oë te rig op die nuwe wenstreep en wat jy moet doen om daaruit te kom. Jy word ook bewus gemaak van doelwitte of dit nou is om vinniger en beter in n spesifieke sportsoort te wees of om op akademiese gebied te presteer.

Bishop Lavis Sekondêr kan trots wees op hulself. Welgedaan aan die leerders en onderwysers!!!

Berig deur: Mnr. P. Miller

Share Some Ideas

Do You Have a Tip or an Idea for a Story? Tell Us About It.
Submit Article
Tarryn Brien, Dean Langeveldt, Paul Miller & Melanie Skippers