Reflections | Herinneringe

1958 - present

MY DROOM VIR 2017

Ek droom van ‘n personeel wat lief is vir al die kinders.
Ek droom van ‘n personeel wat elke dag om 7h00 skool toe kom en om vyfuur huistoe gaan.
Ek droom van ‘n personeel wat lief is vir mekaar.
Ek droom van ‘n personeel wat hoë verwagtinge het vir ons leerders en verseker dat die leerders hulle drome verwesenlik.
Ek droom van kinders wat lief is vir hulle onderwysers.
Ek droom van kinders wat leergierig, self gedissiplineerd en hoë verwagtinge het.
Ek droom van kinders wat droom.
Ek droom van ‘n skool wat netjies is, ‘n mooi tuin het en fantastiese sportgeriewe.

P.K.R. Sonn
BLHS Skoolhoof